Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10 min.
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 wortel, in ertjiegrootte-blokkies gesny
300 g maer biefmaalvleis
1 blik (400 g) gekapte tamaties
60 ml (¼ k) beesvleisaftreksel
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
sout en peper
4 tortillas
’n hand vol gerasperde cheddarkaas
- Plaas die ui, knoffel en wortel in ’n mikrogolfbestande bak. Meng die maalvleis met ’n vurk in en breek die vleis op tot al die bestanddele goed gemeng is. Bedek die bak met kleefplastiek en laat ’n klein opening sodat stoom kan ontsnap. Mikrogolf 3 minute op hoog.
- Haal die bak uit, roer weer om die maalvleis op te breek, bedek en mikrogolf nog ’n minuut op hoog.
- Voeg die tamaties, aftreksel en kruie in die bak. Meng goed, bedek weer en mikrogolf 3 minute op hoog. Geur met sout en peper.
- Skep sowat 60 ml (¼ k) van die soutmaalvleis op elke tortilla. Rol styf op. Rangskik met die soomkant na onder op ’n gesmeerde mikrogolfbord. Strooi kaas oor die enchiladas en mikrogolf op hoog 2 minute of tot die kaas gesmelt en borrelrig is.