Lewer 1 koppiekoekie
Bereiding: 5 minute
Baktyd: 3 minute
60 ml (¼ k) koekmeel
60 ml (¼ k) suiker of versoeter
30 ml (2 e) kakao
2 eierwitte, effens geklits
45 ml (3 e) vetvrye melk
45 ml (3 e) appelmoes
1 ml (¼ t) vanieljegeursel
versiersuiker, kakao of gesmelte sjokolade vir afronding (opsioneel)
Spuit ’n groot koffiekoppie met kossproei.
- Skep die meel, suiker of versoeter en kakao in die koppie en meng goed.
- Voeg die eierwitte by en meng goed.
- Voeg die melk, appelmoes en vanieljegeursel by en meng goed.
- Mikrogolf 3 minute op hoog tot dit effens van die kante wegtrek.
- Laat effens afkoel en sif ’n bietjie versiersuiker of kakao oor of smeer die gesmelte donkersjokolade oor indien verkies.