Hierdie soet lekkerte is baie maklik om te maak en ideaal om kinders en vriende met ’n suikertand mee te bederf.
Lewer 24 blokkies
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 2 min.
500 ml (2 k) grondbone, gerooster
300 g malvalekkers
300 g melksjokolade, in stukke gebreek
15 g botter
385 g kondensmelk
Voer ’n 23 x 23 cm-pan oraloor met bakpapier uit.
- Plaas die grondbone en malvalekkres in ’n groot mengbak en meng goed. Sit eenkant.
- Plaas die sjokoladestukke, botter en kondensmelk in ’n mikrogolfbestande bak. Mikrogolf 1 min. op hoog, haal uit en roer, en mikrogolf weer 1 min. Haal uit en roer tot die sjokolade heel gesmelt is.
- Laat koel 2 min. af en roer dit by die malvalakker-en-grondboonmengsel in tot alles bedek is.
- Sprei in die voorbereide pan uit en verkoel 2 uur in die yskas. Sny in blokkies.
Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander