Kry jy ’n onverwagse gas? Hier is ’n vinnige nagereg om te berei.
Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 60 sek.
80 ml (⅓ k) bruismeel
15 ml (1 e) kakaopoeier, ekstra vir bestuif
15 ml (1 e) bruinsuiker
1 eier
30 ml (2 e) melk
20 g botter, gesmelt
1 ml (¼ t) vanieljegeursel
- Sif die meel en kakao in ’n bak. Voeg die suiker by.
- Klits die eier, melk, botter en vanielje. Voeg dit by die meelmengsel en roer tot goed gemeng.
- Skep die mengsel in twee 250 ml-koppies. Mikrogolf 60 sek. op hoog of tot gaar.
- Bestuif met ekstra kakao en sit voor.
Deur Hope Malau
Video: Megan Miller